Seminare

“Back to Basics” Egpare seminaar

 Wat?

2013-08-24 08.38.00‘n Heerlike langnaweek saam met jou eggenoot.  Die tema is ‘Back to Basics’ en die fokus is om julle toe te rus met basiese gereedskap om julle verhouding te versterk, mekaar beter te verstaan en saam aan julle visie vir jul huwelik te beplan.  Daar is voldoende geleentheid vir elke paartjie om kwaliteit tyd saam met mekaar te spandeer terwyl julle as ‘n span nader aan mekaar en ook nader aan God beweeg. Van die temas wat bespreek gaan word sluit in:

  • Kommunikasie
  • Die huwelik
  • Vertroue
  • Emosies en keuses
  • ‘Back to Basics’ verhoudings
  • Wat sê die Bybel
  • Denkpatrone
  • Konflikhantering
  • Visie vir ons huwelik

 

 

Hoekom?

Weet jou man dat jy glo hy is die koning, priester en profeet in die huis?  Laat jy hom soos ‘n koning voel, sodat hy jou soos ‘n koningin kan laat voel, en andersom?  Die doel van hierdie naweek is om jul verhouding in perspektief te sien en te bepaal watter klein veranderinge jy kan maak wat ‘n dramatiese impak op jul verhouding met God, jouself en ook met jou huweliksmaat teweeg kan bring.  Daar is tyd vir alleen wees en om julle verhouding te bou – naby aan die natuur en in ‘n rustige omgewing.  Dit beloof om ‘n naweek van vele pret en heerlike saam kuier te wees.  En volgens Borrelvrou tradisie, is daar altyd ‘n verrassing of twee om die naweek net nog ‘n bietjie meer spesiaal te maak.

 Wie?

Elke paartjie wat God as die middelpunt van hul huwelik wil ervaar, wat hom/haarself en hul huweliksmaat beter wil verstaan en wat voel dat hulle toegerus wil word om hul verhouding opnuut met ywer en entoesiasme voluit te leef uit die krag wat hul ontvang uit God se hand. 

Indien jy belangstel in hierdie seminaar, kontak ons gerus!

 

Vind jouself

IMG_6543Dit is ‘n naweek waar elke vrou die geleentheid sal kry om te fokus op haar eie identiteit, haar persoonlikheid en hoe dit haar verhoudinge met ander beïnvloed, kommunikase en konflikhantering, die waarde van jou eie persoonlike behoeftes en vele meer.  Dit is ‘n naweek van baie pret, groot bederf en heerlike saamkuier om die kampvuur.   Daar is ‘n paar verrassings gedurende die naweek om seker te maak elke vrou besef hoe spesiaal sy is.

 Ons as vrouens is geneig om altyd skuldig te voel oor dit wat ons nie perfek doen nie , of waarvoor ons nie tyd kry nie en ons gee onsself nie die krediet wat ons verdien vir dit wat ons wel gedoen kry nie.  Die doel van hierdie naweek is om jou eie lewe in perspektief te sien, jou eie waarde te ontvou en te erken en om jou te laat besef hoe spesiaal jy is.

 Ek en My Verhoudings

SONY DSC‘n Naweek waar elke vrou die geleentheid sal kry om te fokus op haar verhouding met God,  met haarself, en met die ander belangrike persone in haar lewe.  Die fokus is om jouself tyd te gun om te besin oor jou verhoudings, wat en wie vir jou belangrik is en watter aanpassings jy graag wil maak.  Dit is ‘n naweek vir introspeksie, om vir jou die geleentheid te gee om te besluit wat werklik vir jóú belangrik is.

Dit beloof om ‘n naweek van baie pret en heerlike saamkuier te wees.  En volgens Borrelvrou tradisie, is daar is ‘n paar verrassings gedurende die naweek om seker te maak elke vrou besef hoe spesiaal sy is.

Indien jy belangstel in hierdie seminaar, kontak ons gerus!