Terugvoer

‘Back to Basics’ Egpare Seminaar

Terugvoer van die mans:

Wat het die seminaar vir jou beteken?

Baaaaia geleer.  Nooit te macho of te oud om te leer nie.
Ek het geleer om myself en my vrou beter te verstaan.
Ongelooflik baie.  Ek het baie daaruit geleer, ek sien dinge anders – POSITIEF!
Baie gegroei.  Dit is baie insiggewend, ‘n moet vir enige huwelik.  Dit maak elke paar se oë oop.
Dat die huwelik nie ‘n straf is nie maar dat dit ‘n plesier is al is daar soms af tye. Dat God eerste moet wees, en dan jou vrou!
Die naweek het my oë oopgemaak vir klein dingetjies wat ek nog aan kan werk om my huwelik nog ‘n groter sukses te maak.

 

Wat is jou boodskap vir toekomstige seminaargangers?

 

Gaan en luister en doen dan
Kom met ‘n oop gemoed.
Pasgetroude pare moet hulle wittebrood op die seminaar kom hou!
Baie leersaam en aan te beveel vir alle paartjies.
Doen dit gerus, sal nooit spyt wees nie.
Dit is meer as net die moeite werd
Kom of gaan, ek weet nie, maar doen dit net!
As jy jou huwelik ernstig opneem dan het jy nie ‘n ander keuse as om die kursus by te woon nie.
Gebruik die ‘tools’ en oefen want dit werk.
Daar is altyd plek om te verbeter

 

Terugvoer van die dames:

 

 

Wat het die seminaar vir jou beteken?

Bitter baie, kyk met ander oë na my maat.
Om buite die boks te dink
Ek het geleer hoe om my man én myself beter te verstaan.  Ons het almal ‘issues’ maar dit is hoe bereid jy is om daaraan te werk wat gaan bepaal hoe suksesvol jou huwelik is.
Gee meer van jouself sonder om terug te verwag
Bly in my eie hoepel
Ontsettend baie vir my as mens en Christen.

Ek het die ‘tools’ en vaardighede en kennis gekry om my wêreldjie en huwelik te verander tot eer van God.
Al ons verskillende denkpatrone, geaardheid, voorkeure ens was nogal ‘n ‘eye opener’. Nou verstaan ek hoekom hy dink soos hy dink en doen soos hy doen.  Waardeer sy uniekheid want God het hom perfek gemaak.

 

Wat is jou boodskap vir toekomstige seminaargangers?

 

Woon dit by, jou eggenoot sal jou uit jou skoene verras, ongeag ouderdom
Vertrou Susan ten volle – al ‘push’ sy jou ‘boundaries’ doen sy dit met die beste bedoeling en resultate.
Baie dankie, my huwelik kan net ‘n sukses wees as ek alle toepas wat jy ons geleer het.  Ek wil almal vertel sodat hulle ook een kan bywoon.
Die seminaar is Bybel-gefundeerd, maar ook prakties genoeg om my in staat te stel om dinge wat verkeerd is te gaan verander.  Die seminaar is inspirerend, maar gee ook baie hoop aan elkeen wat dit bywoon.  By God is alles moontlik.
Die seminaar kan jou huwelik, wêreld en lewe verander.  Jy leer jouself en ander beter ken.  ‘n Verrykende ervaring.  Wees 100% teenwoordig!
Doen die seminaar, dit is die moeite werd.
‘n Moet vir oud en jonk – nuwe en ‘ou’ huwelike.

Ek en My Verhoudings Naweekseminaar

Wat het die naweek vir jou beteken?

  • Die naweek was vir my ‘n groot bederf, tyd met myself, groei, inspirasie en antwoorde
  • Het vir my nuwe perspektiewe gegee oor hoe om ‘n situasie beter te analiseer en te hanteer
  • Die naweek was ‘n heerlike wegbreek om van al die stadsdinge te vergeet.  Is net weer herinner dat ons anders moet luister en uit nog meer hoeke na ‘n situasie moet kyk as wat ek gewoond was om te doen.
  • Wonderlik, leersaam en dankie Liewe Jesus vir sulke wonderlike vriendinne
  • Dit was ‘n heerlike naweek, ek het baie geleer en gaan definitief veranderinge aanbring in my lewe.
  • Onbeskryflik baie, dat my ontdekking bevestig was 2 x deur die boeke wat beskikbaar gestel is, dit uit te lig wat die Here op my hart gedruk het
  • Ek het opnuut ‘n diepte ervaar in my verhouding met die Here
  • Die naweek het my laat besef dat ek nog baie kan doen om my verhoudings met ander mense te kan verbeter.  Dankie, dit was ‘n oë-oopmaker.
  • Was ‘awesome’ aangebied, professioneel met baie wysheid en insig.  Waardevolle inligting ontvang en net weer bewus geraak van hoe belangrik ons vir God is.  Die voorkoms gedeelte was ook treffend en het nog baie om te leer.

 

Wat was vir jou die hoogtepunt?

  • Die hele naweek!
  • Die opbou van myself en my karakter.  Almal se positiewe boodskap oor my.  Dit was ‘n ‘tonic’ vir my en die ‘image’ sessie was ‘n heerlike bederf!
  • Al die relevante inligting, samesyn en kuier
  • Die  hele naweek was ‘n hoogtepunt, maar ook die afsluiting, om vir ander vriendinne te kan sê hoe wonderlik en dierbaar hulle is.
  • ‘My verhoudings met ander’ en ook die raad oor ‘my voorkoms’!
  • Ek het die obstruksie in my groei ontdek!  Dankie dat julle dit so natuurlik en onopgesmuk gehou het
  • My oë is oopgemaak om met die verhoudings wat moeilik is, te werk.  Dit was vir my persoonlik die hoogtepunt.
  • Die spontane kommunikasie wat daar tussen die groep was.
  • Dat ek persoonlik my seer met julle kon deel en die wonderlike ondersteuning, insette en gebed van almal wat ek ontvang het.  Die ‘game drive’ was ook besonders en spesiaal.
  • Al die ‘verrassings’!!!

 

 

Hoe het jy Lama Lama Boskamp ervaar?

  • Wonderlik gepas, veral die natuur en stilligheid
  • Intiem en great
  • Baie oulik en nie te ‘ver’ nie
  • Heerlike plek en baie lekker kos
  • Goeie keuse en nie te ver om te ry nie, kos was uitstekend!
  • Goesie keuse – lieflik!
  • Dit is ‘n baie rustige plek waar mens werklik tot ruste kan kom

 

Boodskap vir toekomstige seminaargangers?

  • Kom met ‘n verwagting en wees eerlik met jouself
  • Kom deel ‘n naweek saam met wonderlike borrelende vriendinne en die “Pitkos” om na die naweek terug te neem sal vir altyd onthou word.
  • Kom met ‘n verwagting en ‘n oop hart – en besef weer: “Ek is ‘n prinses van God”
  • Kom vind weer jouself!
  • Geniet dit!  Die seminaar verander die res van jou lewe!
  • Woon dit by, jy gaan geseën word en ryker daar wegstap
  • Dit is ‘n wonderlike belewenis, moet dit nie mis nie!
  • Sal enige iemand aanbeveel om dit by te woon.
  • Die seminaar is ‘n besliste moet vir almal!

 

Terugvoer oor Stresbestuur Werkswinkel

  • Om myself en ander beter te verstaan en te leer hoe om dit prakties in my lewe te kan toepas
  • Om te besef waar my stresvlak lê, en wat nou? Nou weet ek!
  • Ek het geleer om te dink voor ek stres!
  • Dat ek myself moet vra hoe groot is die probleem regtig en wat KAN ek daaraan doen.
  • Dat ek dit kan toepas in my lewe, elke dag.
  • Om te besef dat verandering goed is.
  • Verskillende persoonlikhede en karakters.  Dit het my geleer oor hoe my waardes my emosies beïnvloed en hoe ek kan evalueer hoe om te reageer in situasies.
  • Die saamwees en nuwe dinge wat ek geleer het, wat ek nooit besef het kan bydra tot my stres nie.
  • Die “waardebepaling” en praktiese streshantering.  Om myself beter te leer ken, en ek kan ook in my gesin hierdie kennis gebruik en toepas tot almal se voordeel.
  • Om te reflekteer oor myself, en te vra “Hoekom?” Dit sal ook help met die hantering van mense in werksituasie te verbeter.
  • Dat net ek die stres kan hanteer.  Almal het stres, dit hang net af hoe jy dit hanteer.  Met God kan mens alles hanteer en oorleef.  Glo en vertrou.

 

Op die vraag wat is jou boodskap vir toekomstige seminaargangers?

  • Woon dit by, dit is baie goed vir jou.
  • Wees oop en eerlik met jouself.
  • Kom geniet dit!
  • As jy gedink het jy weet en verstaan als, dink weer, op die seminaar leer jy van beter.
  • Dat dit die tyd die moeite werd maak wat jy hier bestee.  Mens moet meer tyd aan jouself bestee om jou lewe te verryk.
  • Dit is beslis die moeite werd.
  • Verrykend, veral in die tyd waarin ons leef.
  • Waardevolle geleentheid om meer van jouself te leer en introspeksie te doen waarom jy stres.
  • Kom woon dit by, lekker om nuwe mense te ontmoet en ook hul ervarings aan te hoor!

Terugvoer oor die Ontdek jouself Seminaar

  • Die seminaar het my oë oopgemaak vir wie ek werklik is, wie ek wil wees en gaan wees.  Wie God wil hê ek moet wees.
  • Ek kon weer stil raak en in myself in kyk. Alhoewel ons baie besig was het ek nuwe krag gekry en heerlik ontspan. Dit was waardevol om myself weer opnuut te ontdek.
  • Dit is wonderlik om weer jouself te leer ken en te besef dat God ‘n doel met ons elkeen het.  Hierdie seminaar is ‘n moet vir elkeen wat ‘n vrou na God se hart wil wees.
  • Ek het vir die eerste keer in my lewe gevoel hoe die Here met my “praat”.  Die is die grootste geskenk wat ek al ooit van enige iemand ontvang het.  Dankie!!!
  • Berei jouself voor vir ‘n groot siels “spring cleaning” en “detoxing” sessie!  Dit is ‘n lewensomkeer ervaring.
  • Dit was ‘n verdieping in my gesprekke met God.  Ek’s OK! Ek mág ook maar tyd vir myself maak!
  • Dis wonderlik, ‘n uitdaging wat jy nie mag misloop nie – en ‘n goeie kamermaat maak die ondervinding net nog lekkerder!

 

Terugvoer ten opsigte van Lekkerbreek

  • Baie rustig en die ideale plek om seminare te hou.  Werk in om die liggaam en gees rustig te hou.  Baie goed vir reflektering en die kuier om die vuur in die aand is ‘n hoogtepunt!
  • Baie rustige plek en kos was HEERLIK!
  • Die kos is fantasties en die omgewing baie rustig!
  • Perfekte omgewing om ‘n seminaar van hierdie aard te hou.  Die natuur en stilte was wonderlik.