Tuis


Nader tot God

Susan se splinternuwe gebedsjoernaal – pas vrygestel!

Lees meer hier

Op God se skoot

‘n Gebedsjoernaal geskryf deur Susan Grobler

Lees meer hier
Kontak my vandag om enige van hierdie gebedsjoernale vir jouself te bestel – of as ‘n spesiale geskenk aan iemand diep in jou hart teen slegs R150 per boek!

 

God het ons vroue baie spesiaal geskape!

SusanGod het ons vroue baie spesiaal geskape.  Hy het ons uit die rib van Adam geskape, om hom te kan help om sy beste te wees, sodat ons ook ons beste kan wees.  Die hartseer deel is dat ons verby die wonderwerke in ons eie lewens kyk, ons is te besig om dankbaar te wees vir die klein dingetjies wat ons wel gedoen kry en die geringe seëninge in ons lewens, sodat ons nooit leer om die groter  seëninge te herken wat daagliks verby ons lewe skuif nie.

Die wêreld kondisioneer ons so om besig te wees, om altyd harder te moet probeer in al die areas van ons lewens dat ons begin glo dat ons nie goed genoeg is in een of al die fasette van ons lewe nie.  Dit is die leun wat ons verhoed om ons drome te leef.   Die Here gee in Hebr 13:5 vir ons die belofte dat Hy ons nooit sal begewe of verlaat nie, wanneer ons na die beste van ons vermoë volgens Sy wil en Woord probeer lewe, wil Hy graag vir ons die moed, durf en energie gee om ons drome te leef, en sodoende vir Hom ‘n dissipel in hierdie wêreld te wees.

Dit is my hartsbegeerte om jou te help om jou identiteit in Christus te besef, te aanvaar, die seëninge in jou lewe sigbaar te maak sodat jy jou lewensdroom kan identifiseer en kan leef.  Ek wil jou help om al die menings wat jy oor jouself en oor die lewe het, wat jou verhoed om die spesiale vrou te wees wat God jou gemaak het om te wees, uit die weg te ruim.

Ek het nie al die antwoorde nie, ek glo wel dat God die antwoorde aan jou sal openbaar.  Ek sal jou fasiliteerder wees sodat jy sal besef wat jou hartsbegeerte is, en wat jou verhoed om jou droom te leef.