Afrigting / Meta coaching

Wie sal baat vind hierby?

2013-08-24 08.28.12

  • Wil jy jou volle potensiaal bereik?
  • Het jy ‘n behoefte om die gawes en talente wat aan jou gegee is ten volle te ontwikkel en uit te leef?
  • Het jy drome of ideale maar jy weet nie hoe om dit te bereik nie?
  • Wil jy ontslae raak van jou vrese of fobies?
  • Wil jy betekenisvolle verhoudings bou?
  • Wil jy ‘n positiewe invloed op ander hê?
  • Wil jy ander mense beter verstaan?
  • Wil jy konflik maklik kan oplos?
  • Wil jy weet wat is die passies en motiveerders in jou eie lewe?
  • Leef jy gefokus op die verlede of die toekoms, terwyl die nou by jou verbygaan?
  • Wil jy minder geraak word deur negatiewe emosies soos woede, skuldgevoel, vrees en stres?
  • Is jy huidiglik in ‘n posisie waar dit noodsaaklik is dat jy altyd in beheer moet wees van jou emosies en optrede?
  • Voel jy dat jy reeds die doelwitte wat jy gestel het bereik het en dat jy nou gereed is vir die volgende fase van groei, ontwikkeling en uitdagings?
  • Wil jy meer uit die lewe hê as net ‘n suksesvolle beroep?
  • Wil jy jou drome ontdek en uitleef?
  • Wil jy die meeste uit die lewe haal in al die verskillende fasette van jou lewe? (persoonlik/ familie/ werk/ geestelik/ finansieel/ sosiaal/ gesondheid/ gemeenskap)

Wat is Afrigting (coaching) ?

Dit is die fasilitering van ‘n gesprek met ‘n klient ten opsigte van ‘n spesifieke gedefinieerde uitkoms wat die klient in staat stel om haar volle potensiaal te ontsluit in terme van haar talente en passies, sodat sy haar persoonlike doelwitte kan bereik. Dit stel haar ook in staat om haarself te kan wees, sodat sy beheer kan neem vir haar lewe, nou en vir die toekoms.

Afrigting is ‘n gefokusde gesprek wat deur middel van vrae gefasiliteer word om by die oorsprong van dinge uit te kom sodat permanente positiewe verandering en transformasie bewerkstellig word.

Wat is Meta Afrigting (Meta Coaching) ?

Meta-afrigting sal jou help om permanent beheer van jou emosies en oortuigings te neem, wat jou in staat sal stel om meer effektief te kommunikeer. Dit is nodig om jou denke te verander, sodat jy jou reaksies tot die gebeure in jou lewe kan transformeer.
Meta-afrigting sal jou help om te verstaan wat jou sal motiveer tot top-prestasie en hoe jy gemotiveerd kan bly.

‘n Meta-afrigter is ‘n deskundige in terme van die struktuur en proses van fasilitering van ‘n sessie, eerder as die inhoud waaroor die gesprek gaan. Die klient word gesien as die deskundige in terme van die inhoud van die gesprek. Die Meta-afrigter word gelei deur die 6 modelle van kommunikasie, verandering, wederkerigheid, implementering, stelsels en self aktualisering. Die meta-afrigter is opgelei om die die klient te fasiliteer om die beste in haarself te identifiseer en dit uit te leef.

Gratis Inleiding sessie

Almal is nie altyd gereed vir afrigting nie. Gedurende die inleidingsessie word verduidelik presies wat afrigting is en wat dit nie is nie en wat die verhouding tussend die afrigter en die klient is, sodat jy kan besluit of jy gereed is vir die kragtige veranderinge wat meta-afrigting te weeg bring. Kontak ons om jou GRATIS inleidingsessie te bespreek.

Afrigting Opsies

  • Lewensafrigting (Life Coaching)
  • Prestasie-afrigting (Performance Coaching)
  • Bestuursafrigting (Management Coaching/Executive Coaching)
  • Groepsafrigting (Group Coaching)